TomTom gebruik Google Analytics-sagteware om inligting te versamel oor hoe jy die TomTom-sagteware gebruik. Hierdie gebruiksinligting word in die VSA verwerk om algemene gebruikstatistiek te skep en die gebruikervaring en ons dienste te verbeter. Die gebruiksinligting wat deur TomTom versamel word, bevat nie liggingsinligting of inligting wat jy ingetik het nie.

Die TomTom-sagteware stuur ook diagnostiese inligting, soos wanneer die app byvoorbeeld sou staak, aan Crashlytics, en dit sluit inligting in wat jou toestel identifiseer. Die diagnostiese inligting is onderworpe aan Crashlytics se privaatheidsbeleid, wat hier gevind kan word: http://try.crashlytics.com/terms/. Die versamelde diagnostiese inligting word in die VSA verwerk en deur TomTom gebruik om die TomTom-sagteware te verbeter. Jy kan te eniger tyd kies om gebruiks- en diagnostiese inligting te stuur of om op te hou om hierdie inligting te stuur deur die instellings of voorkeure in die TomTom-sagteware op jou toestel te verander.